Doop van Gelowiges

Wie kan gedoop word?
Enige persoon wat seker is van wedergeboorte, wat dus Jesus as Redder en Verlosser aangeneem het, wat gedoop wil word as ‘n stap van gehoorsaamheid na wedergeboorte. (Matt. 28:19).

Skoolgaande kinders het die ouers se toestemming nodig.

Waar word dit gedoen?
Aangesien KLC nie tans oor doopfasilliteite op die perseel beskik nie, beveel ons die volgende aan:
      1.  In die winter kan ‘n leraar u by u huis kom doop, in u bad, in u eie badkamer.
      2.  In die somer doop ons u graag in ‘n swembad van u keuse, of aan huis van een van ons leraars met ‘n swembad.

Kleredrag vir die doop:
‘n Donker langbroek en T-hemp. 

Bring saam:
Hou 2 lekker groot handdoeke naby - ons draai een handdoek om u sodra u uit die water kom. Nog ‘n handdoek om mee af te droog en ‘n droë stel klere en onderklere is ook nodig.

Wie mag my doop?
‘n Leraar, u selleier, selfs ‘n pa kan sy eie vrou en kinders doop.  Gesels gerus met ‘n leraar daaroor vir verdere detail.

Hoe tref ek reëlings?
Skakel vir Amanda by die 0828519614.  Sy sal u verder bystaan met navrae en afsprake met leraars soos nodig.

KLC Gemeente is graag deel van hierdie groot gebeurtenis in u lewe.




Huidiglik geen kommentaar gelewer nie!
Plaas kommentaar:

U moet ingeskakel wees om kommentaar te kan lewer.
Bedieninge