Huwelik Bevestigings


1.  Bevestig eerstens of een van die twee leraars op u verkose datum beskikbaar is.
2.  Woon die Voorhuwelikse voorbereiding kursus by wat ongeveer 4 sessies behels.  Kontak Huweliks Harte spanlede Jacques en Annalee Mulder vir afspraak by 0824168148.
3.  Maak ‘n afspraak met die leraar wat die huweliksbevestiging gaan behartig vir 1 tot 2 ure, so op die laatste 2 tot 3 weke voor  die troue.
4.  Bring die volgende inligting saam na u afspraak met die leraar:
     a)  Een (1)  afskrif elk van die ID boekies van die volgende persone – 
          bruid, bruidegom en 2 getuies 
     b)  Drie (3) ID fotos elk van die bruid en bruidegom
     c)  Volledige straat en posadres van die egpaar na die troue (uitgetik)
     d) Die volgende spesiale ekstra dokumente:
            i)  Indien een of beide van die egpaar voorheen getroud was en
                geskei is, 'n afskrif van die egskeidingsbevel
           ii)  Indien een of beide van die egpaar ‘n vorige huweliksmaat deur
               die dood verloor het, ‘n afskrif van die doodsertifikaat, en
           iii) Spesiale reelings en dokumentasienodig wees indien die bruid of
                bruidegom jonger as 18 jaar is.
5.  ‘n Padkaart en of aanwysings na die trou venue, GPS Koordinate indien moontlik, bevestiging van die datum en tyd van die troue.
6.  Die name waarop julle aangespreek wil word tydens die plegtigheid, noemname en of volle name en van, van beide bruid en bruidegom (uitgetik asseblief).
7.  Die name van julle ouers en enige ander persoon/persone waarna daar vermeld moet word tydens die seremonie (uitgetik asseblief).
8.  Daar is standaard administrasie fooie betaalbaar - detail by die kerk kantoor beskikbaar.

Inbetaling van genoemde fooie word gedoen in die KLC rekening.
Gebruik asb. die volgende as verwysing: Troudatum en die egpaar se van.

Stuur asseblief die bewys van die inbetaling ten minstens 7 dae voor die huweliksbevestiging per e-pos na amanda@klcen.co.za

Sien asb GPS inligting van die Kiepersol saal asook KLC bankrekening inligting.

Enige verdere navrae kontak asseblief vir Amanda by 0828519614.

Baie sterkte met die reëlings vir julle groot dag.

 

Vriendelike KLC groete




Huidiglik geen kommentaar gelewer nie!
Plaas kommentaar:


Your email address WILL NOT be published. It is only required for validation purposes.
Bedieninge